Primal Fire / Oervuur

Primal Fire / Oervuur

Home » Primal Fire / Oervuur

My naam is Liesl. Ek maak vuur deur stokkies te draai; deur ‘n harde en ‘n sagte hout inmekaar te vryf. Ek span die Natuurkrag van wrywing in en neem jou saam op ‘n geskiedeninsreis, 1 ½ miljoen jaar terug na die grootste ontdekking van die mens: VUURMAAK. Skielik kon ons dit self doen en hoef ons nie meer vuur te steel by die Natuur nie.

Ek deel my passie en vaardigheid met jou gesin en kollegas, studente en gaste; by jou huis, skool, kantoor, funksie, partytjie. Ek leer jonk en oud. My diepste wens is om die ritueel van die Oervuur in ‘n seremonieële wyse te bring tot ‘n geleentheid en ‘n buitengewone belewenis en nuwe waardering te skep. ‘n Oervuur is in enige konteks toepaslik en kan enige boodskap uitbeeld: die manlike en vroulike energieë binne elke mens en tussen ‘n paartjie tydens ‘n troue, die stoflikheid van die mens tydens ‘n verassingseremonie of gedenkdiens, die vlam van metabolisme binne ons elkeen, die wrywing van konflik, die opstanding uit die as en vele meer.

Ag jouself hoog genoeg en kom ons beplan saam iets onvergeetliks. 
Om ‘n vuur, die Oermens se TV, nog meer aangrypend te maak, kan ek dit ook kleur tydens jou seremonie en partytjie. Hierdie reënboogvuur is te koop by my. 

As jy werklik opgevlam is deur hierdie unieke aanbieding, kan ek jou bemagtig om jou innerlike primitiewe voorouer na te doen, met jou eie OervuursteL.

En dit is net wat ek met vuur kan doen…..
As vonke van nuuskierigheid nou in jou spat, laat weet my dan praat oor die ander elemente ook. 
Met liefde
Liesl

“When you walk into the fire of self-discovery, that fire will not burn you, it will only burn what you are not.” Unknown

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*


%d bloggers like this: